Christel Raubenheimer Cornelissen's profile photo

Christel Raubenheimer Cornelissen

Johannesburg

Freelance Journalist at Freelance

Freelance Journalist at Maroela Media

Featured in: Favicon maroelamedia.co.za

Articles

  • 5 days ago | maroelamedia.co.za | Christel Raubenheimer Cornelissen

    Floyd Shivambu is as sekretaris-generaal van die Umkhonto we Sizwe-party (MK-party) uitgeskop en sal voortaan die party slegs as parlementslid verteenwoordig. Shivambu het hom die gramskap van sy party op die hals gehaal nadat hy die selfverklaarde profeet en voortvlugtige Shepherd Bushiri in Malawi besoek het. Bushiri en sy vrou, Mary, het in 2020 in twee verskillende howe in Suid-Afrika op verskeie strafregtelike aanklagte verskyn.

  • 1 week ago | maroelamedia.co.za | Christel Raubenheimer Cornelissen

    Die Stad Kaapstad het omvattende maatreëls voorgelê en wysigings aan sy voorgestelde begroting vir 2025-’26 bekend gemaak ná hewige teenkanting teen die begrotingsvoorstelle wat in Maart gedoen is. Die aanvanklike voorstelle het onder meer ʼn nuwe reinigingsheffing voorgestel wat, soortgelyk aan die tariewe vir water en sanitasie, aan eiendomswaarde gekoppel word.

  • 1 week ago | maroelamedia.co.za | Christel Raubenheimer Cornelissen

    Om te boer is vir die meeste boere meer as net ʼn beroep: dit is ʼn nalatenskap, ʼn leefwyse en vir baie ʼn roeping. En daar is min dinge wat so diep in die kultuur geanker is soos om boer te wees. Vanjaar gee die Vivo Boerebemarkingsdag jou die geleentheid om hierdie erfenis deur jou kamera se lens vas te vang. Met die bekendstelling van die Vivo Boerebemarkingsdag 2025 se splinternuwe fotokompetisie word jy genooi om daardie een foto te deel oor wat boer wees vir jou beteken.

  • 2 weeks ago | maroelamedia.co.za | Christel Raubenheimer Cornelissen

    Die besluit van sommige Afrikaners om te emigreer is diep verweef met ekonomiese werklikhede, eerder as rassisme, sê Tonderai Godknows Mapfumo, ʼn navorsing- en bewusmakingsbeampte van die Coalition for Market and Liberal Solutions in Zimbabwe. Die emigrasie van sommige Afrikaners van Suid-Afrika na die VSA het die afgelope weke ʼn hewige debat ontketen.

  • 2 weeks ago | maroelamedia.co.za | Christel Raubenheimer Cornelissen

    Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand laat (SA tyd), ná sy dramatiese openbare vergadering met pres. Donald Trump en ʼn middagete agter geslote deure in die Withuis, by ʼn mediakonferensie gesê hy is in die geheel tevrede met dit wat die Suid-Afrikaanse afvaardiging bereik het. Lede van die afvaardiging het ingesluit ministers Parks Tau, Ronald Lamola en John Steenhuisen, die Suid-Afrikaanse gholfspelers Retief Goosen en Ernie Els en die sakemagnaat Johann Rupert.

Contact details

Socials & Sites

Try JournoFinder For Free

Search and contact over 1M+ journalist profiles, browse 100M+ articles, and unlock powerful PR tools.

Start Your 7-Day Free Trial →