Elaine Krige's profile photo

Elaine Krige

Centurion

News Editor at Maroela Media

Maroela Media is ’n Afrikaanse aanlyn kuierplek. As jy Afrikaans is, is hierdie jóú kuierplek! Laai gerus ook ons app af: https://t.co/KovzICeh5b

Articles

  • 6 days ago | maroelamedia.co.za | Elaine Krige

    ʼn Eiendom wat as grondslagvormend van die onderrig en opheffing van Afrikaner-kinders beskou word, is te koop. Die geld wat hiervoor ingewin word, sal egter gebruik word om op dié nalatenskap voort te bou en te verseker dat die toekoms van Afrikaanse onderwys net so merkwaardig is as die geskiedenis daarvan, sê direksielede van die niewinsgewende organisasie, Kinderstrand.

  • 2 weeks ago | maroelamedia.co.za | Elaine Krige

    Toe ek hoor ek word uitgenooi om as gas van Club Med na Turkye te reis, was ek oorstelp. Ek wou nog altyd die Midde-Ooste besoek, met sy ryke kultuur en geskiedenis, veral wat die Christen-geloof betref. My gevaarsensors het egter weer oortyd gewerk. Al die nuusberigte oor terreur, aardbewings en twee oorloë op dié Midde-Oosterse land se voorstoep, het deur my gedagtes geflits. Die uitnodiging was na ʼn luukse vakansie-oord aan die kus, naby die gewilde toeristedorp, Antalya.

  • 2 weeks ago | maroelamedia.co.za | Elaine Krige

    As joernalis leer jy dikwels om hard en sinies te wees. Jy maak onvanpaste grappe op kantoor in ʼn poging om gruwelike beelde van verkragting en moord te probeer verwerk, of jy begin haastig aan die volgende nuusberig werk net om jou gedagtes te probeer aflei. As ons dit nie doen nie, sal ons sekerlik almal daagliks in trane by die werk wees. Toe ek egter Saterdag met Karel Potgieter, ʼn boer van Limpopo, gesels kon ek nie die trane keer nie.

  • 3 weeks ago | maroelamedia.co.za | Elaine Krige

    Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat glo ʼn polisieman in Pienaar, Mpumalanga, doodgeskiet het. Die voorval het Vrydag om 21:00 plaasgevind. Die polisie is in kennis gestel van ʼn skietery en die slagoffer, konst. Donald Mathebula (34), het ondersoek gaan instel. “Met sy aankoms by ʼn snoepwinkel het drie verdagtes met balaklawas en vuurwapens op hom afgestorm en hom geskiet,” het kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê.

  • 3 weeks ago | maroelamedia.co.za | Elaine Krige

    Karel Potgieter het geweier om aan die gemeenskap aangrensend aan sy plaas se eise vir sy grond toe te gee, toe word sy plaashuis Dinsdag afgebrand. “Ek is platgeslaan. Ek weet nie watter kant toe nie,” het Potgieter Saterdag aan Maroela Media gesê. Potgieter (55), of “oom Pottie” soos die gemeenskap hom ken, boer naby Munnik in Limpopo, sowat 50 km buite Polokwane. Hy ontvang die afgelope twee jaar reeds dreigemente van leiers van die Sekgopo-gemeenskap wat die grond aangrensend aan sy plaas besit.

Contact details

Socials & Sites

Try JournoFinder For Free

Search and contact over 1M+ journalist profiles, browse 100M+ articles, and unlock powerful PR tools.

Start Your 7-Day Free Trial →

X (formerly Twitter)

Followers
96K
Tweets
165K
DMs Open
No
No Tweets found.