
Articles
-
1 week ago |
maroelamedia.co.za | Johann Gresse
Wandisile Simelane het sy kontrak met die Stormers verleng en hy sal ʼn belangrike skakel in die Kapenaars se agterlyn bly. Die vlugvoetige senter het verlede jaar die skuif na Kaapstad gemaak en John Dobson hoop dat hy voortaan nog meer verdedigers na lug sal laat gryp. “Wandi beskik oor ongelooflike natuurlike talent en hy is al van jongs af as ʼn gevaarlike speler geoormerk.
-
1 week ago |
maroelamedia.co.za | Johann Gresse
Carlos Alcaraz is ongetwyfeld ook ʼn grasbaanmeester soos wat sy twee agtereenvolgende Wimbledon-titels getuig. Die jong Spanjaard is juis besig om litte los te maak vir die ikoniese toernooi en hy is deur na die halfeindstryd by die Queen’s-skouspel in Londen. Alcaraz moes vroeër in die toernooi bontstaan om Jaume Munar se aanslag af te weer, maar hy het Vrydag net 90 minute benodig om Arthur Rinderknech met 7-5 en 6-4 te klop. Dit was sy 16de oorwinning op ʼn streep.
-
1 week ago |
maroelamedia.co.za | Johann Gresse
Tazman Brits het met haar onoorwonne beurt van 98 lopies (boonop van slegs 63 balle) toegesien dat Suid-Afrika se vrouekrieketspan die Wes-Indiese Eilande met 50 lopies in Cave Hill geklop het. Die Suid-Afrikaners geniet nou ʼn voorsprong van 1-0 in die reeks van drie T20-kragmetings, nadat hulle ook vroeër die eendagreeks met 2-1 beklink het. Die 34-jarige Brits het 13 grenshoue (waaronder vier sesse) in haar beurt gemoker en sy was by verre die beste Protea-kolwer.
-
1 week ago |
maroelamedia.co.za | Johann Gresse
Topgekeurde spelers is deesdae so ʼn bietjie bekommerd as hulle hoor dat hulle met Alexander Bublik in die volgende ronde van ʼn toernooi moet swaarde kruis. Kasakstan se opskuddingkoning het weer eens toegeslaan toe hy vir Jannik Sinner in die tweede ronde van die grasbaantoernooi in Halle uitgeskakel het. Die eindtelling was 3-6, 6-3 en 6-4 in die 28-jarige speler se guns. “Ons is tennisspelers en ons probeer om elke wedstryd te wen, maar dié sege is baie spesiaal.
-
1 week ago |
maroelamedia.co.za | Johann Gresse
Op die sportfront staan ons land deesdae vir niemand terug nie en ʼn paar kranige plaaslike atlete het by die HYROX-wêreldkampioenskap in Chicago vir die ander deelnemers presies gewys waar Dawid die fiksheidswortels gegrawe het. In Suid-Afrika, natuurlik!Rebecca Nagel en Darren Thomas het die wenghong met mening geslaan om hul kampioenstatus in die Adaptive-kategorie te vier, terwyl Vicky MacIntosh met ʼn tweede plek in haar individuele afdeling (30 – 34 jaar) geskitter het.
Try JournoFinder For Free
Search and contact over 1M+ journalist profiles, browse 100M+ articles, and unlock powerful PR tools.
Start Your 7-Day Free Trial →